NamBTS soek jou bloed en dis dringend!December 12, 2024
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië, NamBTS, bied Saterdag die laaste Saterdagklinieke vir die jaar aan en moedig mense aan om te skenk in die aanloop tot Kersfees. Huidige bloedvoorraadvlakke is op hul laagste sedert 2020, met slegs vier dae se voorraad oor. Dit sal na verwagting in die komende weke aansienlik daal, wat dalk ‘n tekort kan veroorsaak. NamBTS doen ‘n beroep op alle bloedskenkers om te help, met die finale klinieke wat in Windhoek, Walvisbaai, Okahandja en Ongwediva aangebied word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Frieda Vatileni-Asino, die diens se onderwysbeampte.