Jandre terug in die hof, hoor oor borgaansoek
Die borgaansoek van Jandre Dippenaar is op 14 November in die Walvisbaai-laerhof uitgestel tot vandag. Landdros Vicky Nikolaidis het toe gesê haar uitspraak is nog nie gereed nie. Dippenaar doen aansoek om borg hangende sy appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis na die noodlottige ongeluk op 29 Desember 2014 net buite Hentiesbaai. Hy is in Junie vanjaar skuldig bevind op onder andere ses klagte van moord, en in Augustus tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.