Elton John is Time se Ikoon van die Jaar
Die musieklegende, Elton John, is aangewys as Time-tydskrif se Ikoon van die Jaar. Die tydskrif sê die 77-jarige se dekades lange invloed het tot die eer bygedra. Daar word verwys na sy 57 treffers op die Amerikaanse Top 40, en sy ontwikkeling van ’n swierige verhoogkunstenaar tot ’n Broadway-komponis, Disney-liedjieskrywer en -medewerker. Hy het die afgelope 50 jaar meer as 4 500 konserte gehou en einde verlede jaar afgetree. John sê hy reken hy is op ’n manier gekies om beroemd te wees omdat hy die druk kan hanteer.