Brockerhoff weer vandag in die hof December 12, 2024
Die vermeende reeksstroper Derick Brockerhoff verskyn weer vandag in die Windhoek-laerhof. Soos met sy vorige verskynings beplan boereverenigings om weer na die hof op te ruk. Brockerhoff en Markus Rooinasie is in April met ‘n koedoe en gemsbok-karkas oos van Windhoek gevang, en Rooinasie het reeds skuldig gepleit aan stropery. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hennie Brisley van die Windhoek Streekslandbou-unie, wat meer inligting gee.