Top op die silwerdoek en kassie vir die jaar…December 6, 2024

Die Amerikaanse Rolprentinstituut het sy lys van die beste top tien rolprente en televisieprogramme van die jaar bekendgemaak. Aan die rolprent-kant is Universal se lokettreffer, Wicked, Netflix se Emilia Pérez, Focus Features se Conclave en die A24 Sing Sing op die lys. Aan die televisie-kant het Netflix en HBO/Max oorheers. Netflix se Nobody Wants This en A Man on the Inside is op die lys insluitend Hacks en True Detective: Night Country van HBO/Max. Die wenners word in Januarie by die instituut se jaarlikse privaatdinee in Beverley Hills vereer.