Saru-lede kelder privaat beleggingsvoorstel
Rugby: Lede van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie het ʼn voorstel verwerp vir ʼn privaat belegging in die sport se kommersiële regte. Die voorstel het nie die verlangde meerderheid van 75-persent gekry nie nadat sewe van die 13 lid-unies dit teengestaan het. Die voorkeur-bieër, die Ackerley-sportgroep, het nou tot die einde van die maand om ʼn hersiene aanbod voor te lê. Saru se president, Mark Alexander, sê die unie se oogmerk is steeds om ʼn volhoubare en vooruitstrewende toekoms vir die sport te verseker op plaaslike en internasionale gebied.