Trump wil swyggeld saak van die rol skrap

Verkose president Donald Trump van Amerika se prokureurs het ʼn mosie ingedien dat die Manhattan-swyggeldsaak teen hom laat vaar word. New York se distriksaanklaer, Alvin Bragg het Trump vroeër vanjaar suksesvol vervolg vir die vervalsing van sakerekords wat verband hou met swyggeld-betalings in 2016 aan die filmster, Stormy Daniels. Regter Juan Merchan het Trump se vonnisoplegging verlede maand onbepaald uitgestel sodat prokureurs oor sy toekoms kan beraadslaag. Trump se prokureurs voer aan dat president Joe Biden self gesê het die justisiedepartement is verpolitiseer. Spesiale raadslid Jack Smith het Trump se twee federale strafregtelike sake laat vaar en voer aan ʼn dienende president kan nie vervolg word nie.