NNN wen en Itula sê hy aanvaar nie ECN-uitslae nie

Die nou-omstrede verkiesing is afgehandel en die Verkiesingskommissie het die finale uitslae laat Dinsdagaand bekend gemaak. Net minder as 1,1 miljoen van die meer as 1,4 miljoen kiesers het hulle stemme uitgebring. Swapo se Netumbo Nandi-Ndaitwah het net meer as 638 000 stemme op haar verenig en is nou amptelik Namibië se verkose president. Sy het dit so aanvaar.

Maar wat nou? Panduleni Itula van die IPC wat net meer as 284 000 stemme gekry het, sê hulle gaan hof toe.