Nigerië wil oor mynwese by SA leer

Nigerië versoek Suid-Afrika se hulp om mynkundiges op te lei en sy wêreldwye mededingendheid te verbeter. Die Nigeriese minister van Buitelandse Sake, Bianca Odumegwu-Ojukwu, het tydens die elfde Suid-Afrika-Nigerië bi-nasionale kommissie in Kaapstad ‘n konsep-ooreenkoms van verstandhouding vir oorweging voorgelê. Sy sê die dokument getuig van die sterk bilaterale betrekkinge tussen die twee lande.