Klagtes oor staat se voorliefde vir parasetamol, vir alles

Daar is toenemende klagtes van die publiek, veral in informele nedersettings soos Okahandja Park in Windhoek, oor hospitale wat parasetamol voorskryf vir allerhande kwale, insluitend wonde. Inwoners doen ‘n beroep op belanghebbendes om die kwessie aan te spreek deur meer akkurate diagnoses en geteikende behandelings te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur van gesondheid, wat sê dis belangrik dat gesondheidsorg personeel reg opgelei is om die regte sorg te verskaf.