Daar is verandering in parlement, maar Swapo het steeds meerderheid

Daar is verandering in die Nasionale Vergadering maar, Swapo se meerderheid is nie gebreek nie. Die party het teruggeval van 63 setels in 2019 toe hy 14 verloor het, na 51. Die IPC het 20 setels ontvang en word die amptelike opposisie. Nuwe toetreder die Affirmative Repositioning-beweging het ses setels gekry met die LPM wat een bygekry het met vyf. Die PDM het swak gevaar en het 11 setels verloor van sy 16 met net vyf. Daar is 96 setels wat verkiesbaar is met agt ekstra wat deur die president aangestel word.