Varsity-hoofde vrygespreek oor Wilgenhof-verslag

Die Universiteitsraad van Stellenbosch het ‘n mosie deur ‘n meerderheidstem asook die verduideliking van sy voorsitter en vise-kanselier aanvaar oor die verslag rakende die sluiting van die omstrede Wilgenhof-koshuis. Die vise-kanselier, Wim de Villiers, en die raadsvoorsitter, Nicky Newton-King, is beskuldig dat hulle die finale verslag aangepas het. Die raad het ook sy vroeëre besluit herbevestig dat die koshuis gesluit moet word en as nuut voorgestelde manskoshuis moet heropen.