Maddie McCaan: Christian B het beken het hy ‘n kind ontvoer

Die hoofverdagte in die Madeleine McCann-saak het gespog dat hy ‘n jong meisie in Portugal ontvoer het. Christian B – wie se van weens Duitse privaatheidswette nie gepubliseer kan word nie – word deur Duitse ondersoekers daarvan verdink dat hy die drie-jarige Madeleine McCann in 2007 in Portugal ontvoer en vermoor het. Hy staan tans tereg vir ‘n reeks nie-verwante seksmisdrywe wat in Portugal gepleeg is. ‘n Gevangene wat ‘n sel met hom gedeel het, getuig dat hy ingebreek het om geld te soek maar het toe ‘n kind ontvoer.