Byna 63 000 staatsamptenare soek toegang tot tweepot-aftreefonds
Die Staatsdienspensioenfonds berig byna 63-duisend aansoeke vir die tweepot-aftreestelsel is sedert 1 September ontvang. Die Administrasie-agentskap vir die Staatsdiens-pensioenfonds bevestig daar is daagliks ‘n groot volume aansoeke van onder meer onderwysers, verpleegkundiges en polisiebeamptes. Die meeste aansoekers vra die maksikum toegelate onttrekking van 30-duisend-rand. Die agentskap sê hy het sy stelsels opgeknap om die groter las te hanteer terwyl hy werk aan kwessies met toegang.