Parys sal sportfasiliteit na Cheptegei vernoemSeptember 7, 2024

Parys sal hulde bring aan die Ugandese Olimpiese atleet Rebecca Cheptegei, wat dood is vier dae na haar kêrel haar aan die brand gesteek het. Anne Hidalgo, die stad se burgemeester sê ‘n sportfasiliteit sal na haar vernoem word. Die 33-jarige marathon-atleet, wat 44ste in haar Olimpiese Spele-debuut geëindig het, het in Sondag se aanval brandwonde aan meer as 80 persent van haar liggaam opgedoen. Hidalgo sê Cheptegei se nagedagtenis moet help ‘n boodskap van gelykheid uit te dra, wat ‘n boodskap is wat deur die Olimpiese en Paralimpiese Spele gedra word.