AfCFTA lê braak vir klein- en middelgrootte ondernemingsSeptember 6, 2024

Die handelministerie, in samewerking met die VN se Ontwikkelingsprogram vir Namibië en die Namibië Handelsforum, bied ‘n vyf dae lange kapasiteitsbou-werkswinkel in Swakopmund aan. Die werkswinkel is ontwerp vir lede van die Nasionale Implementeringskomitee en die private sektor om hul kapasiteit rakende die Afrika Kontinentale Vryhandelsooreenkoms, AfCFTA, te verbeter. Dit is die grootste vryhandelsgebied wêreldwyd volgens die aantal deelnemende lande, met ‘n gesamentlike BBP van meer as 3,4 triljoen Amerikaanse dollar. Die geleentheid word môre amptelik by die Swakopmund Hotel geopen. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie by Unam oor wat van die werkswinkel verwag kan word.

Oor ‘n vraag oor hoeveel kleiner ondernemings in Namibië toegerus is vir kapasiteitsbou, sê hy: