Waterstof: Groot planne op die horisonSeptember 4, 2024

Die eerste uitgawe van die Wêreldwye Afrika-waterstofberaad het in Windhoek begin. Die driedaagse beraad, met die tema “Van ambisie tot aksie: die aanwakker van Afrika se groen industriële revolusie”, bring belanghebbendes van regoor Afrika en die wêreld byeen. Die fokus is om vennootskappe en kritieke finansiering te dryf om bankbare groenenergie-projekte regoor Afrika te vestig. By ‘n persinligtingsessie het Namibië se waterstofkommissaris, James Mnyupe, beklemtoon dat belangrike projek-aankondigings deur die EU gemaak sal word.