Johann Rupert die rykste in AfrikaAugust 30, 2024
Die miljardêr en Richemont-voorsitter, Johann Rupert, is nou die rykste man in Afrika en 147ste in die wêreld. Volgens Bloomberg se jongste miljardêr-aanwyser het Rupert se netto waarde tot 270-miljard geklim terwyl die Nigeriese nyweraar, Aliko Dangote, se fortuin tot 253-miljard-rand gedaal het. Richemont is in Switserland gebaseer en die maatskappy is bekend vir sy gesogte handelsmerke soos Jaeger-LeCoultre en Cartier. Die Suid-Afrikaner Nicky Oppenheimer is die derde rykste persoon op die vasteland.