Norris spring eerste weg vanmiddagAugust 25, 2024

Lando Norris van McLaren het die eerste persoon geword om Max Verstappen uit te stof vir die voorste wegspringplek by die Nederlandse Grand Prix met ‘n verbysterende rondte deur die Brits-Belgiese renjaer. Verstappen het sy tuiswedren vir die Red Bull-span nog elke keer oorheers sedert dit in 2021 na 36 jaar weer by die Grand Prix-kalender ingesluit is. Norris se spanmaat Oscar Piastrim was derde, met George Russell van Mercedes vierde. Lewis Hamilton is in die tweede oefensessie uitgeskakel en spring twaalfde weg na ‘n fout in sy finale rondte.