Man gearresteer na mes-aanval in SolingenAugust 25, 2024

Die Duitse polisie het na ‘n intensiewe soektog ‘n man aangekeer wat vermoedelik drie mense doodgesteek en nog agt ander Vrydag beseer het in ‘n mes-aanval in die westerse stad Solingen. Die minister van Binnelandse Sake in die Noord-Rhein-Westfale-staat, Herbert Reul, het nie enige besonderhede verskaf nie, maar die Duitse media berig die verdagte, in vuil, bloedbesmeerde klere, het homself oorgegee. ‘n Ses-en-vyftigjarige vrou en twee mans, van 56 en 67, is dood na die lukrake aanval by ‘n fees. Agt mense is beseer, vier ernstig. Die Islamitiese Staat het verantwoordelikheid vir die aanval geneem.