Fopnuus ondermyn vertroue in die mediaAugust 25, 2024
Verskeie vals plasings oor mediapersoonlikhede het op sosiale media die rondtes gedoen. Die plasing lok beleggings in kripto- en ander beurse. Daar is ook fopnuus dat sekere mediafigure oorlede is, en is onder die naam van bekende mediahuise geplaas. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Zoe Titus, die direkteur van die Namibia Media Trust, oor wat lyk na geteikende aanvalle op die publiek se vertroue in die media.