DA verwelkom rasionalisering van brandstofprysAugust 25, 2024

Die DA verwelkom die regering van nasionale eenheid se aankondiging dat ‘n brandstofprys-ingrypingsplan binnekort by die kabinet ingedien sal word. Kevin Mileham van die DA sê dit is ‘n oorwinning vir elke Suid-Afrikaner wat die knyp van hoë brandstofpryse voel. Hy sê die regering kan dit eenvoudig nie langer meer bekostig om die lot van verbruikers te ignoreer nie, op ‘n tydstip dat talle mense sukkel om brood op die tafel te sit: