Republikeine reageer op Walz-keuseAugust 7, 2024

Amerikaanse Republikeine beskryf Demokratiese kandidaat, Kamala Harris, se medekandidaat as ‘n ver-linkse karakter. Die visepresident het bekendgemaak die goewerneur van Minnesota, Tim Walz, is haar keuse as haar adjunk indien sy Donald Trump in November verslaan. Die 60-jarige is ‘n voormalige lid van die weermag en onderwyser. Die goewerneur van Florida, Ron DeSantis beskryf Walz as die mees linksgesinde kandidaat in die Amerikaanse geskiedenis terwyl die Republikeinse sweep, Tom Emmer, sê hy is ‘n pak klere sonder ‘n lyf wat hom beywer het om Minnesota in Harris se tuisstaat Kalifornië te verander.