Anirep toon winsteJune 2, 2024

Die hernubare-energie maatskappy Anirep het 8,6 miljoen Namibiese dollar in totale bedryfswins vir die jaar geëindig 29 Februarie vanjaar aangeteken. Die maatskappy beplan om fondse wat deur ‘n onlangse regte-aanbieding ingesamel is, te gebruik om sy opwekkingskapasiteit tot byna 70 megawatt-piek uit te brei. Anirep se besturende direkteur, Iyaloo Ya Nangolo, sê die maatskappy se huidige totale opwekkingskapasiteit staan op 13,34 megawatt-piek en hulle beplan om daarop voort te bou in die volgende uitbreidingsfase. Megawatt piek is die maksimum kraglewering van ‘n fotovoltaïese sonkragstelsel onder ideale toestande, soos in vol sonskyn. Cenored koop krag van Anirep ingevolge ‘n ooreenkoms wat in Maart verlede jaar in werking getree het.