Agtste jaar sonder geld vir nuwe skoleJanuary 18, 2024
Dit is die agtste agtereenvolgende jaar dat daar geen nuwe skoolbou-projekte op die Namibiese sentrale regering se ontwikkelingsbegroting is nie. Al waarvoor begroot is, is bykomende klaskamers by bestaande skole of opknappings aan ou skole deur die onderwysministerie, berig die Tender Bulletin. Kosmos 94.1 Nuus het met die Landless Peoples Movement se jeugbevelleier, Duminga Ndala, gepraat wat sê dit is nie aanvaarbaar nie.