Twee Franchise T20-wedstryde vandag

Die Etosha Wildcats het hulle vierde wedstryd in Krieket Namibië se T20 Franchise-reeks wat op United gespeel word met tien paaltjies gewen. Die span het 120 in 12,2 boulbeurte behaal terwyl die Namib Desert Lions 117 vir 6 in 20 boulbeurte kon aanteken. Vanoggend net voor tien speel die Namib Desert Lions teen die Fish River Eagles en net voor drie vanmiddag is dit die Windhoek Jets teen die Etosha Wildcats. Albei wedstryde is op United in die hoofstad.