Daar is spesifieke uitdagings met vervaardiging in Namibië
Reaksie word ontvang op die reuse-handelstekort in Julie. Dit het tot by 3,7 miljard Namibiese dollar gestyg, die hoogste sedert Julie 2019. Namibië bly ‘n netto invoerder en daarom die tekort. Daar vind nie genoeg plaaslike vervaardiging plaas nie en min verwerkte produkte word uitgevoer. Die voormalige uitvoerende hoof van die Namibiese Vervaardigersvereniging, Hennie Fourie, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die uitdaging.