Japanse handelsminister bring staatsbesoek aan GeingobAugust 4, 2023
Die Japannese minister van ekonomie, handel en nywerheid, Yasutoshi Nishimura, sal vir die eerste keer ‘n amptelike besoek aan Namibië bring. Volgens ‘n mediaverklaring wat vandag deur die Japanse ambassade uitgereik is, sal Nishimura ‘n hoflikheidsbesoek aan President Hage Geingob op 7 tot 8 Augustus by Staatshuis bring. Die handelsminister Lucia Iipumbu en minister van myne en energie Tom Alweendo sal ook aan die bilaterale ekonomiese besprekings deelneem, insluitend oor minerale en die groenwaterstof-sektor. Nishimura sal daarna ook Angola, Zambië, die Demokratiese Republiek van die Kongo en Madagaskar besoek.