Amupanda, Skrywer as bestuurskomiteelede van Stad Windhoek verkiesMarch 3, 2023
Die voormalige Windhoekse burgemeester Job Amupanda en LPM-raadslid Ivan Skrywer is uiteindelik na ‘n spesiale munisipale raadsvergadering as lede van die bestuurskomitee van Stad Windhoek verkies. Hulle sluit nou aan by Swapo-raadslede Sam Nujoma, Queen Kamati en Austin Kwenani. Die verkiesing van twee lede van die bestuurskomitee is telkemale sedert einde verlede jaar uitgestel. Landdros Venatius Alweendo wat die verkiesing oorsien het, het sterk woorde oor die “kinderagtige” gedrag van die raad gehad en gesê hy sal nie politici se nonsens verdra nie.