NSFAF terug in die hof, soek sy N$530 000
Die saak waar die Namibiese studente hulpfonds ‘n voormalige werknemer vir net minder as 530 000 Namibiese dollar dagvaar, is weer vandag in die hoërhof. Volgens die stukke sal nuwe datums vir die verhoor vandag bepaal moet word na ‘n interlokutêre, of te wel, tussentydse aansoek gebring is en afgehandel is. Getuienis sal dan voor regter Boas Usiku voortgesit word. Volgens die fonds se stukke het Tomas Konghola tussen 1 Januarie 2016 en 31 Desember 2019 betalings ter waarde van 529 000 dollar gemaak in ‘n bankrekening van ‘n ene Nelson Sheefeni. Die Teenkorrupsie-kommissie het ondersoek ingestel en bevind dat Sheefeni nie ‘n wettige student by die fonds was nie. Konghola het dit so voorgehou deur die besonderhede van bestaande studente te gebruik maar die bankrekening nommer van Shefeeni by hulle besonderhede aan te heg. Konghola verdedig die saak.