Ons hoop ons kan in 2022 die pandemie agterlaat – WGO

Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê hy hoop steeds die wêreld sal in 2022 die ergste van die Covid-19-pandemie kan agterlaat. Twee jaar na die koronavirus verskyn het, waarsku die WGO dit is steeds te vroeg om gerus te wees dat die Omikron-variant tot matiger siekte lei. Ghebreyesus voeg by hoewel 2021 moeilik was, moedig hy almal aan om ‘n nuwejaarsvoorneme te maak om die veldtog te ondersteun wat daar mik om 70 persent van die wêreld se volwasse bevolking teen die middel van volgende jaar in te ent: