Swapo ontken ontvangs van VN-geld wat vir vryheidsvegters bedoel wasDecember 15, 2021
Die Namibiese regering en die Swapo-party het ontken hulle het ooit enige geld van die Verenigde Nasies wat bedoel was vir vryheidsvegters, ontvang. Die minister van inligting, dr. Peya Mushelenga, sê ‘n groep vryheidsvegters beweer die VN Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge het ‘n hulp-pakket van meer as 351 miljard Namibiese dollar toegeken aan voormalige vryheidsvegters om hulle weer deel van die gemeenskap te maak na onafhanklikheid. Elke lid het egter na bewering slegs tien dollar ontvang. Die VN-kantoor in Windhoek ontken die geld is aan die vryheidsvegters belowe.