Petrol moes N$20,08 per liter gekos het

‘n Ontleding deur Simonis Storm in die hoofstad toon dat die Brent ru-olieprys in Desember met 10 Amerikaanse dollar ‘n vat gestyg het maar dat surplusse op die oomblik wêreldwyd, nes Opul voorspel het, voorkom. Die makelaarsfirma sê die ministerie van myne en energie het gedurende 2021 onderverhalings van 8 Namibiese dollar en 73 sent per liter in die algeheel aangeteken wat beteken dat die petrolprys van 11 dollar 35 sent in Januarie tot 20 dollar en 8 sent ‘n liter tot op hede plaaslik moes gestyg het. Maar, die Nasionale Energie-fonds het 51 persent van die onderverhalings geabsorbeer om sodoende verligting aan verbruikers te bring. Die oorverhaling van 21 sent per liter petrol en net minder as 19 sent per liter diesel wat die maand aangeteken is, sal gebruik word om toekomstige onderverhalings te finansier. Die brandstofprys is onveranderd gelaat vir Januarie.