Dien belastingopgawes liewer digitaal in

Die uitvoerende hoof van die Namibiese Inkomste-agentskap NamRa, Sam Shivute het belastingbetalers in die land daaraan herinner dat vandag die laaste dag is om belastingopgawes in te dien. Die agentskap doen ‘n beroep op belastingbetalers om eerder hulle opgawes digitaal deur die ITAS-stelsel in te dien, veral in verband met Covid-19. Individue en maatskappye wat uitdagings ondervind moet ‘n skrywe aan NamRa rig om uitstel te vra wat hulle vandag moet bereik. Shivute het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.