Kawana besoek Angolese vlugtelinge

Die Namibiese minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, Albert Kawana, het vandag besoek afgelê by die sowat 3 000 Angolese vlugtelinge. Die Angolese het uit hul land weens die droogte en hongersnood gevlug en kamp nou by Oshifo en Etunda in die Omusati-streek. Kawana is vergesel van sy uitvoerende direkteur, Etienne Maritz, en die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga. Kawana het aan Kosmos 94.1 gesê hy is bekommerd oor die situasie in die kamp en die twee regerings sal die kwessie moet beredder.