Erongo-polisie vat dwelms vas

Die Erongo-streek se polisie het die afgelope naweek verskeie mense in verband met dwelms in hegtenis geneem. Die streekbevelvoerder vir gemeenskapsake, inspekteur Ileni Shapumba, het die suksesvolle naweek aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig. Hy bedank die publiek vir hul wenke en doen ‘n beroep op almal om saam met die polisie te werk om dwelms vas te vat.