Ezemvelo onthoring al sy renosters

Ezemvelo Wildlife in KwaZulu-Natal sê hy het met die grootste renoster-onthoring-operasie in die provinsie begin in ‘n poging om stropery te voorkom. ‘n Onbekende getal diere is by die Spioenkop Natuurreservaat onthoring. Ezemvelo se Woordvoerder, Musa Mntambo, sê dit was ‘n moeilike besluit om te neem, maar dit is die enigste manier om die spesie lewendig te hou. Die eerste onthoring-operasie was 3 jaar gelede nadat drie renosters in die reservaat deur stropers doodgemaak is. Volgens Mntambo is van die renosters wat toe onthoring is, nou weer onthoring aangesien die horings weer groei.


Thandi Modise is vrygespreek

Die Streekhof in Potchefstroom in Noordwes het die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thandi Modise, vrygespreek op al 6 aanklagte van dieremishandeling. Talle diere se karkasse is in 2014 op haar Modderfontein plaas gevind. Hulle is ongeveer 2 weke lank sonder voedsel of water en sonder toesig gelaat. Daar was 50 dooie varke, en meer as 100 ander diere moes uitgesit word. Modise het haar verligting uitgespreek dat die saak uiteindelik afgehandel is en sy onskuldig bevind is aan verwaarlosing.  


Grondhervorming se N$120m moet reg bestee word

Die Namibiese Minister van Landbou het net minder as 120 miljoen Namibiese doller bewillig vir grondhervorming. Die President van die Namibiese Landbou Unie Piet Gouws is van mening dat die geld genoeg is maar, dat dit sinvol aangewend moet word om reeds aangekoopte grond te rehabiliteer sodat produksie kan verbeter.


Kom reëls na – Nampol

Dis langnaweek en maandeinde en die Namibiese polisie het die publiek gewaarsku om regulasies na te kom, veral as dit kom by dronkbestuur. Die Woordvoerder van die Namibiese polisie Inspekteur Elifas Kuwinga het met Kosmso 94.1 Nuus gepraat…


Nuwe visekanselier van Wits sê topgehalte studente moet ontwikkel word

Professor Zeblon Zenzele Vilakazi sê die Wits-universiteit moet daarop fokus om akademies uitstekende studente te ontwikkel wat hulle stempel op die samelewing afdruk. Hy is by die Groot Saal op die Braamfontein-kampus ingewy as 16de visekanselier en rektor van die universiteit. Vilakazi sê die universiteit moet voortgaan om wêreldklas navorsing te doen, en vernuwing en entrepreneurskap te bevorder. Dit moet sy plek in die ekonomiese hartland van Afrika gebruik om uit die wêreld se suide te lei:


Al Kaïda sê vir CNN die oorlog is nie verby nie

CNN berig dat twee Al Kaïda-woordvoerders aan die netwerk gesê het die oorlog teen Amerika is nog lank nie verby nie en dit sal voortgaan tot hulle uit die res van die Islamitiese wêreld verban is. Dit volg nadat President Joe Biden onlangs aangekondig het dat alle Amerikaanse soldate teen die einde van September uit Afghanistan onttrek sal wees. Dit is vanjaar die 20ste herdenking van die 9/11-terroriste-aanvalle op Amerika. Hierdie naweek is dit 10 jaar sedert die baasbrein agter die aanvalle, Osama Bin Laden, deur Seal Team 6 in Pakistan doodgemaak is. 


Angolese owerhede het kommer oor tweede vlaag

Die Angolese Minister van Gesondheid Silvia Lutucuta sê 513 000 mense is tot dusver ingeënt teen Covid. Die land se inentingsveldtog het op 2 Maart begin en Lutucuta sê daar is tans ‘n toename in gevalle wat aandui dat die land binnekort ‘n tweede vlaag infeksies kan ervaar. Daar is kommer omdat beide die Britse en Suid-Afrikaanse variante teenwoordig is in die land. Kenners meen gevalle kan baie hoër wees as die 26 431 wat bevestig is. Die land het ‘n bevolking van 33,7 miljoen mense en het tot dusver net 13 727 persone per miljoen inwoners getoets. In Namibië is daardie syfer net onder 150 000. 


Bloedbad het ‘May Day’ veroorsaak

Dit is môre die internasionale herdenking van Werkersdag, hier en elders bekend as ‘May Day’. Terwyl die dag oorspronklik die begin van lente in Europa herdenk het, is daar in Parys in 1889 ooreengekom dat 1 Mei voortaan die werkers se dag sal wees. Die Marxistiese Internasionale Sosialiskongres het so ooreengekom as gevolg van die Haymarket-aangeleentheid van 1886. Yanna Smith het die besonderhede.


Geingob kan by Ramaphosa leer

Kenners meen dat die Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa ‘n goeie voorbeeld vir President Hage Geingob is. Ramaphosa het die week voor die Zondo-kommissie getuig, terwyl die voormalige president, Jacob Zuma alles in sy vermoë doen om dit te vermy. Intussen het Namibië die Fishrot-skandaal en Geingob is op rekord dat hy regsadvies ingewin het om nie daaroor kommentaar te lewer nie. Die Politieke Ontleder Dr Ndumba Kamwanyah sê dit is presies Geingob se stilte wat die probleem veroorsaak…


Major is terug by Joe & Jill

President Joe Biden se jonger Duitse Herdershond Major, is terug by die Withuis na 2 weke se intensiewe opleiding, wat tyd met katte ingesluit het. Major het 2 keer gehap na personeel van die Withuis en moes vir verdere gedragsterapie gaan. Major is een van 2 aanneem honde maar hy het gedragsuitdagings. Die Bidens wil volgens berigte ‘n kat aanneem en dit is hoekom Major se opleiding ook kontak met katte ingesluit het. Hy het blykbaar uitstekend gevaar met die kitties.