2020: vervoer het minste van plaaslike besteding uitgemaak

Die plaaslike bestedingsyfers vir huishoudings in 2020 is bekend. Volgens ‘n ontleding deur High Economic Intelligence in die hoofstad, is die meerderheid fondse, 34 persent, bestee op kos, drankies en tabak. Behuising, water en elektrisiteit het 18,3 persent van besteding uitgemaak met ander dienste, wat internet diensverskaffers insluit, wat 17,4 persent van die totaal beslaan. Vervoer maak ‘n skamele 3,8 persent van kostes uit, waarskynlik as gevolg van die inperkings. Onderwys het 6,8 persent van besteding bereik en gesondheid, 5,3 persent. Klere staan op 4,2 persent en ander goedere op 10.2 persent. Die syfers vertoon heelwat ander as die gereelde syfers waar vervoer en behuising normaalweg die meerderheid van kostes beslaan.