20% van Namibië se woude in 30 jaar verwoes

Plaaslike berigte lui dat die omgewingsministerie dit sterk oorweeg om persone wat plantegroei op enige manier oes, te dwing om bome aan te plant en hulle te versorg. Dit kom na die aankondiging dat Namibië 20 persent van sy woude in die afgelope 30 jaar verloor het. Volgens die minister, Pohamba Shifeta, is vir volhoubare gebruik van die land se bosbou-bronne deel van die regering se benadering, veral nou ook met ‘n bioekonomie-strategie wat uiteengesit is, maar dat gemeenskappe op die oomblik die bronne onvolhoubaar benut. Shifeta voeg by dat gemeenskappe slegs bronne sal bewaar as hulle ‘n voordeel daaruit trek. Talle gemeenskappe kap ook bome af vir vuurmaak omdat hulle geen toegang tot elektrisiteit het nie.