20 lande hou sleutel tot die einde van Covid – WGO

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die oneweredige verspreiding van lewensreddende toerusting insluitend diagnostiese, suurstof- en persoonlike beskermingstoerusting, asook Covid-19-entstof dryf die pandemie voort. Meer as 50 000 mense sterf elke week sedert Oktober verlede jaar aan Covid-19 en vir die afgelope maand was die sterftesyfer byna 70 000 per week. Daar is wêreldwyd 5,5 miljard dosisse toegedien, maar 80 persent daarvan is in hoë- en middel-inkomstelande gegee. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus sê die wêreld se 20 voorste ekonomieë hou die sleutel tot die eweredige verspreiding van entstof en die beëindiging van die pandemie en doen ‘n beroep op die regerings om nie versterkingsinspuitings toe te dien nie. Die WGO se Mike Ryan het dit vroeër so verwoord.