18% Namibiërs glo kerkleiers is korrup

Plaaslike media berig dat 18 persent van Namibiërs glo dat godsdienstige leiers op een of ander manier betrokke is by korrupsie. Luidens die uitslae van die jongste Afrobarometer-peiling wat in 34 Afrika-lande uitgevoer is, identifiseer 91 persent van respondente met ‘n geloof terwyl 69 persent sê hulle vertrou kerkleiers. Die syfer is op 65 persent plaaslik aangeteken met 54 persent van Namibiërs wat glo dat net sommige kerkleiers betrokke is met korrupte aktiwiteite. In terme van diskriminasie van geloof sê 26 persent van Namibiërs daar word teen hulle geloof gediskrimineer met 17 persent wat meen hulle word, in verband met hulle geloof, onregverdig behandel.