18 dood, 36 vermis in aanval op inkopiesentrum in die Oekraïne

Brandbestryders het deur die loop van vandag na oorlewendes gesoek in die puin van ‘n Oekraïnse winkelsentrum, waar owerhede sê 36 mense word steeds vermis ná ‘n Russiese missielaanval wat minstens 18 gedood het. Die aanval, in die sentrale stad Kremenchuk ver van oostelike front, het wyd kritiek uitgelok. Oekraïnse owerhede sê Moskou het burgerlikes doelbewus vermoor terwyl Rusland sê hy het op ‘n wapendepot toegeslaan en beweer het die winkelsentrum was leeg. Intussen het die G7-leiers planne aangekondig om ‘n prysbeperking op Russiese olie te bepaal. Dit is nie bekend hoe suksesvol dit sal wees nie.