Die Instituut van Rasse-aangeleenthede in Suid-Afrika sê die Konstitusionele Hof se
bevel om met die plaaslike regeringsverkiesings voort te gaan omdat die wet dit vereis,
is geskiedkundig. Die IRA se hoof van veldtogte, Gabriel Crouse, beskuldig die
Onafhanklike Verkiesingskommissie dat hy die Grondwet geïgnoreer het met sy
aansoek om die uitstel van die verkiesings. Crouse sê te oordeel aan die ANC se
argumente ten gunste van ‘n uitstel, is daar ‘n gevaar dat die party nie die uitslag sal
aanvaar nie, en dat hy kwaai in die verkiesing kan deurloop.