162 leerders by Noordwes-skool ontvoer

Die onderwysdepartment in Noordwes in die buurland het bevestig 162 leerders van die Tirelong Sekondêre Skool is na bewering ontvoer. Die departement sê ‘n besope groep mense wat voorgegee het om ouers te wees, het in vier voertuie by die Boons Mega-plaasskool opgedaag. Toe veiligheidswagte hulle toegang weier, het hulle ‘n klein hekkie gebreek en by die skoolterrein ingegaan. Die department sê die gepeupel het op fluitjies geblaas om die Tirelong-skoolseuns se aandag te trek. Die seuns het koshuisdeure, -vensters en diefwering afgebreek om uit te kom. Die oortreders het die 162 leerders na bewering in vyf bakkievragte weggeneem.