16 dae van aktivisme begin môre
Die 16 dae van aktivisme teen geslagsgeweld is ‘n jaarlikse internasionale veldtog wat môre, op 25 November, die Internasionale Dag vir die Uitwissing van Geweld teen Vroue, afskop en duur tot Menseregtedag op 10 Desember. Pefimbo Shipunda, senior maatskaplike werker by #BeFree, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die multimedia-kompetisie wat hulle aanbied en verskeie ander geleenthede wat die organisasie vir die 16 dae beplan. #BeFree val onder die One Economy Foundation, wat ‘n projek is van die kantoor van die presidentsvrou van Namibië, Monica Geingos.