15 miljoen benodig voedsel in Horing van Afrika

Byna 2 miljoen kinders in die Horing van Afrika loop die risiko om van die honger te sterf. Die gebied gaan gebuk onder een van die ergste droogtes in dekades. Dele van Kenia, Ethiopië en Somalië ervaar die droogste toestande in meer as 40 jaar en hulpagentskappe probeer die herhaling van ‘n hongersnood ‘n dekade gelede wat honderdduisende mense doodgemaak het, vermy. ’n Vierde mislukte reënseisoen in die streek word al hoe meer waarskynlik en meer as 15 miljoen mense in die gebied ervaar reeds hongersnood. Veewagters het sowat 3 miljoen diere weens droogte verloor.