14 Nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Die Namibiese gesondheidsministerie het 14 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Tsandi het 10, Karasburg 2 en Windhoek en Rehoboth 1 elk. Daar is steeds 283 aktiewe gevalle uit ‘n kumulatiewe totaal van 128 999. Die totale sterftesyfer is tans 3 561.