14 gevalle van geweld teen vroue & kinders, daagliks

Die Namibiese polisie het 5 320 gevalle van geslagsgebaseerde geweld teen meeste vroue en kinders, verlede jaar bevestig. Dit verteenwoordig net meer as 14 gevalle elke dag. Die Oshana polisiehoof, kommissaris Naftal Sakaria het die syfers bekendgemaak en sê 447 vroue, 577 kinders en 41 mans is verkrag. In die Oshana streek was daar gedurende die jaar 532 gevalle van geslagsgeweld en 86 moorde. Tot dusver vanjaar, het die streek 423 gevalle van geslagsgeweld bevestig met 81 verkragtings. Volgens kommissaris Sam Shaalulange van die Korrektiewe Diens is daar 4 200 gevangenes regoor die land in die diens se fasiliteite waarvan 890 skuldig is aan moord, 797 vir verkragting en 22 vir seksuele geweld teen kinders. Die internasionale beweging, 16 dae van aktivisme, wat teen geslagsgeweld optree, begin vandag.