14 000 aap-pokke-gevalle, vyf dood

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het 14 000 gevalle van aap-pokke wêreldwyd bevestig, met vyf sterftes wat in Afrika aangemeld is. Die WGO se direkteur-generaal Tedros Adhanom Ghebreyesus sê die meeste van die gevalle wat tot dusver aangemeld is, is in Europa. Die WGO sal vandag die tweede vergadering van ‘n komitee belê wat sal besluit of die uitbreking ‘n openbare gesondheidsnood van internasionale kommer is. Ghebreyesus sê ondersteuning duur voort.