130 Nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Die Namibiese gesondheidsministerie het 130 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Eenhana het 27, Engela 20, Windhoek 19, Outapi 15 en Luderitz 8. Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 5770 aktiewe gevalle, met 113 175 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal van 122 227.